Services_-_Ten_commandments.html
Paw_Prints.html
Contact_.html
Home
About_Mignon.html
FAQ

MARLEY


Ons gesin het op een dag die trotse eienaars geword van 3 klein hondjies - ‘n Boerboel tefie, Marley en twee Jack Russells, Bruce en sy sussie Zoey. Hulle was skaars 3 maande oud toe is Marley en Bruce kort-kort in ‘n ernstige bakleiery met mekaar betrokke. 


Dis toe dat ons Mignon se hulp inroep. Die hele gesin was teenwoordig vir die konsultasie en na baie vrae en antwoorde het sy haar gevolgtrekkings en aanbevelings vir ons gegee (in ‘n netjiese verslag saamgevat). Ons het die voorstelle geïmplementeer en ons bes probeer om elke hond te behandel volgens Mignon se aanbevelings en in ‘n baie kort tydjie het die bakleiery tussen die twee honde drasties verminder. Met ons gesin se liefde vir maar beperkte kennis van honde sou ons nie hierdie suksesverhaal kon vertel nie en ek wil nie eers daaraan dink wat die toekoms vir die twee bakleiers sou inhou nie. Dankie Mignon vir jou hulp!


Ansie Viviers

<< BACK Happy_tails.html